Noorse Taalbeweging

Sedert die einde van die veertiende eeu het die huidige Noorweë, Swede, Finland en Denemarke 'n eenheid gevorm, wat heelwat daartoe bygedra het dat die huidige standaardtale in die lande vandag onderling betreklik goed verstaanbaar is. Die Skandinawiese lande is vanuit Denemarke bestuur, wat beteken het dat Deens 'n groot invloed op die taalontwikkeling van die hele gebied gehad het, in so 'n mate dat Deens die standaardtaal van Noorweë geword het en byna ook van Swede.[1]

  1. E. Haugen: Blessings of Babel, Bilingualism and Language Plaaning. New York: Mouton de Gruyter, 1987, bl.73.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search